My
kinders is ampertjies 11 en 12. My seun sukkel redelik met tale, veral
spelling en my dogter is die een wat weer met die wiskunde klei trap
(gelukkig nie te ernstig nie). My seun het leeslesse by * gedoen,
een keer per week vir 'n uur en 'n half. Dit het hom geweldig baie gehelp,
maar die lang les was
sieldodend. Dit het
later ondraaglik geword omdat hy net eenvoudig nie meer wou gaan nie. Die
skooldag word net te lank en het gedurig gebots met sporttye en ander
aktiwiteite. Dit
kom ook teen 'n prys, so ons moes 2 keer dink voordat ons hom kon uithou
vir 'n les.
Ek
het Rotsreeks op die
internet "ontdek"
en was baie skepties
en versigtig omdat mens nie verseker kan weet wat jy gaan kry nie.
Internet kopies is nie
altyd so suksesvol
nie... Chanine
was egter so geduldig en het my regtig met haar diens beindruk wat alle
twyfel laat kwyn het.
Met
die Rotsreeks
doen ons nou tuis,
vir 15 minute elke weeksdag, die nodige oefening.
My kinders geniet dit vreeslik, want dis kort en voldoende.
Wanneer hier
maats kom kuier (wat
gereeld gebeur) wil hulle ook elkeen 'n beurt he!
Op die manier word dit ook in my huis geadverteer. Ek het 'n vriendin wat
tuisonderrig
gee en sy was so
beindruk met die program dat sy tans besig is om haar man se arm te
draai om dit ook aan te koop.
Dit
is werklik maklik om
te gebruik, die
kind se intelligensie of "vlak" word nie geadverteer
nie, so daar is nie kompetisie tussen die kinders nie. Die een voel
nie minder of meerderwaardig teenoor die ander nie, want elkeen gaan aan
op sy eie pas. Ek gebruik ook die addisionele onderrig vir die
kinders ten spyte daarvan dat daar nie 'n probleem in die area is nie, maw
wiskunde vir die taalprobleem kind en andersom. Dit
het ook baie gehelp om wiskunde oefeninge te doen en probleemareas te
identifiseer vir die eksamen.
Dit
is die enigste
program in Afrikaans wat spoedlees oefeninge aanbied sonder dat
duisende rande gespandeer moet word.
Dit is uiters
effektief en raak regtig nie eentonig nie agv van die wye verskeidenheid.
Dit meng nie in met ander aktiwiteite nie en gaan orals met ons saam -
selfs op vakansie! Ons
kan teen ons
eie tempo en tyd werk.
As ons vandag nie kon
doen nie, haal ons more in en as ons nie kon inhaal nie - 15 minute 'n dag
gooi nie die appelkar om nie. Dit werk steeds en die diens is puik!
Dankie
Chanine vir puik program - 'n oplossing wat suksesvol is - en jou
wonderlike diens.
Louise Stadler